Neut-fudge

Hoekom die woordeboek van fudge praat as “twak praat” of bedrog sal ek nou nie weet nie. Al wat ek weet is, DIS LEKKER!  Hier volg die resep van jare gelede – nog steeds ‘n wenner.

1 kg suiker

2oog stork margarine (bak)

3/4 koppie melk

1 blikkie gewone kondensmelk

1/2 koppie fyn gekapte gemengde neute en/of (gemengde droë vrugte opsioneel) van die wat jy in sakkies by die groentewinkel kan koop per gewig.

Los die suiker op in die melk op lae hitte.  Suiker moet gesmelt wees.  Stel plaat hoër en voeg botter en kondensmelk by.  Laat kook vir ongeveer 1/2 uur terwyl jy heeltyd roer en totdat die borrelende massa begin wegtrek teen die kante. PAS OP, DIS WARM EN SPAT! Toets’n teelepel vol  in ‘n kleinbordjie  om te bepaal hoe dik dit word.  Wanneer gereed voeg gekapte neute en vrugte by.  

Gooi uit op bakplaat gevoer met bakpapier en laat afkoel.  Sny in blokkies wanneer nog lou.

 

 

 

 

 

 

 

Rosyntjie-brood/muffins

Hierdie is ‘n GROOT gunsteling in ons huis. Met heerlike egte botter en ‘n groot beker koffie, is dit net eenvouding “to die for!” Omdat dit ‘n rukkie neem om voor te berei (rys) is dit ‘n ideale gebak vir saterdag-oggend. Geniet dit om die braaivleisvuur, pak in vir sus universiteit toe of gaan gee af by ouma in die aftree-oord.

4 K meel

10g kitsgis

4 opgehoopte tl suiker

1 plat tl sout

1/4 k kookolie

500 ml sterk kookwater (baie warm maar nie gekook nie)

250 g pitlose rosyne of koekmengsel

2 opgehoopte eetl gemengde speserye

Meng en knie als saam, los net so in menger en laat staan om te rys tot dubbelgrote ongeveer 1 uur.  

Knie weer af met menger en skep in 2 muffinpanne (12 muffins vir elke pan). Laat staan weer ongeveer 1 uur om te rys.

Bak in voorafverhitte oond op 180 vir ongeveer 15-20 min. Dit moenie baie bruin bo-op wees nie. 

En geniet!

img_9542

 

Ouma Susan se Eiervrug

1 Gesonde eiervrug

1/2 k bruismeel

2 eiers

half tl sout

3/4 k melk om aan te maak.

Olie vir braai.

Sout en asyn-sout vir geurmiddel as klaar gebraai is.

Neem 1 groot, stewige, gesonde eiervrug en verwyder die skil.

Sny die eiervrug in dunnerige skywe en plaas in ‘n plastiese houer met ‘n deksel.

Sprinkel sout bo-oor elke skyf , sit deksel op en laat staan vir ongeveer 1 uur.

Na ongeveer 1 uur  gooi die water wat bo-op die eiervrug gevorm het, af.

Meng intussen die bruismeel, eiers, sout en melk tot ‘n stywerige deeg.

Maak ongeveer 2 k olie warm in ‘n pan.

Week elke eiervrugskyf in die deeg en braai dan in warm olie tot gaar.

Sit op kombuispapier en sprinkel onmidellik die sout en asyn-sout bo-oor. 

Eet warm of koud. 

 

 

Tamatie-hoenderboudjies

8 Hoenderboudjies, (of hoenderstukke) skoon gewas.

1 blik (410g ) tamatie-en-uiesmoor

1 Hoenderblokkie, gekrummel

15 ml (1 Eetl) bruinsuiker

Yogurt (plain)

Voorverhit die oond tot 160 grade.  Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende middel.  Pak die hoenderboudjies in die voorbereide bak.  Skep lepelsvol yogurt  bo-op elke hoenderstukkie. Verhit die uie- en tamatiesmoor in ‘n kastrol.  Voeg die ekstrakblokkie en bruinsuiker by.  Roer die  suiker en ekstrakblokkie  tot opgelos is.  Giet die tamatiemengsel oor die hoender.  Bedek en bak 40 min lank.  Verwyder die bedekking en bak ‘n verdere 15 min of tot die hoender sag en effens bruin van bo is.  

Dien op saam met piesangslaai en rys. 

 

 

Aspersies

Dit is maklik om jou eie tuin-aspersies te kweek.

Van saad kan jy kweek van Oktober tot Desember, nadat dit vir 24 uur in water geweek is.  Plant dan in 5 cm diep grond 30 cm van mekaar.  Gooi goed nat.

OF

Koop saadkrone.

Plant krone 15 cm diep 30 cm uitmekaar in ‘n sloot, ongeveer ‘n half meter wyd.  Bedek met grond dat net die groeipunte uitsteek.  Die ph moet ongeveer 7.5 wees.  Wortels is geneig om bogrond te kom…gooi maar net nog grond bo-op.   Aspersies hou nie van wind nie.

By vroulike plante, wat rooi bessies dra, moet die stele afgesny word voordat die saad ryp word.

Lote word eers na DRIE jaag ge-oes. Maar so ‘n gevestigde plant kan tot 15 jaar lank dra.  Aspersies groei 25 cm in 24 uur. (nogals vinnig).

Oestyd is lente en laat somer wanneer die lote 14 cm lank is.

Na oestyd moet die bedding ‘n goeie laag mis kry.

http://f.tqn.com/y/gardening/1/W/C/M/1/Asparagus-Spears.jpg https://d3an9inho3qicd.cloudfront.net/images/pics/000/002/586/large/Asparagus.jpg 1411482689

Die geheim van lekker rys

1 k rys (halfgaar) gekook in 2 k water. 

Kook rys so:  Kook 10 min . Gooi louwarm water by en meng met ‘n lepel.  Gooi die styselwater af.  Gooi weer koppie warm water by.  Sit terug op stoofplaat en kook vir nog 10min. Rys moet nie heeltemal gaar wees nie.  Haal van stoof af. 

Voeg by:

1 gekerfde greenpepper

1 fyn gesnyde tamatie

1 gekerfde ui

1 hoenderblokkie

1 Eetl olie.

Plaas in kleinerige oond glasbak. Sit foelie op en bak in oond op 180 vir ongeveer 15 min.

 

Samaryn se peppermint crisptert

Ek moet hierdie maklike, heerlike tert van my dogter bysit.  Dit is haar gunsteling. Sy maak hom sommer dubbeld wat die hele naweek kan hou!

 

250ml room (geklits tot styf)

1 pakkie tennisbeskuitjies

375g caramel kondensmelk (die cappuccino geur)

1 x  49g peppermint crisp

4 druppels peppermint druppels (opsioneel)

 

Klits die kondensmelk tot glad en nie meer klonte.  Klits die room tot styf met 1 tl suiker. Druk die tennis en/of marie-beskuitjies fyn en meng met 1/4 k gesmelte botter.  Druk die beskuitjies in ‘n tertbord vas.  Klits die kondensmelk en room tot gemeng en gooi in tertkors.  Strooi fyn gerasperde peppermint crisp bo-oor.  Sit in yskas om  te stol.  

perpermintcrisp

 

‘n Heerlike appelkoevert

75 g botter

7.5 ml kaneel

3 ml neut

3 ml sout

5 ml vanilje

110 g suiker

10 ml suurlemoensap

750g granny smith appels, geskil en stronk verwyder. (in dik skywe gesny)

1 pakkie ontvriesde kitsdeeg

1 eierwit

meel om deeg op uit te rol

 

Om die vulsel te maak, smelt die botter in ‘n pan tot borrels.  Gooi die speserye, sout, vanilla, suiker en suurlemoensap by.  Gooi die appelskywe by en kook tot sag maar nie pap nie.  Verwyder van stoof en laat afkoel.

 

Voer ‘n koekpan met bakpapier.  Rol die deeg uit soos reghoek op ‘n meelbestrooide blad tot dikte van 3 mm.

Sny die deeg in twee eenderse lengtes.

Borsel elke helfte met eierwit wat effens geklop is.

Sit een helfte op die bakplaat en skep vulsel bo-op.  Maak drie dwars snitte oor die boonste laag en plak bo-op eerste helfte met wit van eier by kante.  Seël die kante goed en vou bietjie om-boontoe.

Borsel bokant weer met eierwit en bak in voorafverhitte oond by 190 vir ongeveer 40 min. of tot ligbruin.  Roteer na eerste 15 min.

Laat afkoel op ‘n oondrak, draai toe met foelie.  Om weer te verhit, sit oond op 160 en verwarm vir 12 min.

Bedien met Mascarpone kaas, of vanilla roomys.

appelcrisp