Neut-fudge

Hoekom die woordeboek van fudge praat as “twak praat” of bedrog sal ek nou nie weet nie. Al wat ek weet is, DIS LEKKER!  Hier volg die resep van jare gelede – nog steeds ‘n wenner.

1 kg suiker

2oog stork margarine (bak)

3/4 koppie melk

1 blikkie gewone kondensmelk

1/2 koppie fyn gekapte gemengde neute en/of (gemengde droë vrugte opsioneel) van die wat jy in sakkies by die groentewinkel kan koop per gewig.

Los die suiker op in die melk op lae hitte.  Suiker moet gesmelt wees.  Stel plaat hoër en voeg botter en kondensmelk by.  Laat kook vir ongeveer 1/2 uur terwyl jy heeltyd roer en totdat die borrelende massa begin wegtrek teen die kante. PAS OP, DIS WARM EN SPAT! Toets’n teelepel vol  in ‘n kleinbordjie  om te bepaal hoe dik dit word.  Wanneer gereed voeg gekapte neute en vrugte by.  

Gooi uit op bakplaat gevoer met bakpapier en laat afkoel.  Sny in blokkies wanneer nog lou.

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Grondboontjiekoekies

 

Ek begeer my lewe lank om goed met deeg te kan werk of ten minste ‘n koekie te bak wat nie flop nie.  En hier is een….

 

1 3/4 koppies bruismeel

2 1/2 Eetl botter

2 hoogvol eetl. grondboontjie-botter

2 eiers

1/2 tl sout

1 tl vanilje essens

1 tl koeksoda

1/2 koppie wit suiker

1/2 koppie bruin suiker

1 eetl Bakpoeier

 

Room die botter, suiker en grondboontjiebotter tot lig en romerig.  Voeg die eiers een vir een by.  Sit by die droeë bestanddele.  Vorm met hand ‘n ronde deeg.  Strooi jou kombuistafel met meel, sit die deeg bo-op.  Sit kleefplastiek bo-op die deeg en rol dunerig uit met ‘n koekroller.  Druk af met koekiedrukker.

Sny bakpapier die grootte van jou bakpannetjies.  Hoef nie pannetjie te spuit nie. Geskryfde kant van bakpapier onder.  Sit koekie-deeg op pannetjies en bak in ‘n voorafverhitte oond op 180 vir ongeveer 10 min of tot ligbruin.  Haal uit en laat afkoel en WHALA!

En… die wind waai nog steeds!  Ek glo dit bring reën!  My hoenderhok se laaste venster darem in vandag.  Ai, gaan maar stadig.  Kan nie wag om te begin met my hoenderboerdery nie.!

 

 

 

 

 

First blog post

Dis ‘n grou dag.  Die wind wat in Augustus moes waai, waai nou eers.  Dis al middel September 2016.  Die stof hang soos ‘n dik miswolk buite en kom lê oral op die meubels.  Almal het gesê Oktober is die mooiste, mooiste maand, maar nie hier nie. Hier op Bosrand is Desember die mooiste.  Die somer kom laat hier.  Al is die peerbome spierwit van die bloeisels….. Elke maand is mooi hier.  Soms staan ek verstom oor die wit vlaktes se mooi.  Ek glo die lente begin eers hier as die flappe begin blom.  Dis nog nie lente nie. …… My mosbeskuit is in die oond en oumagroot se grondboontjie-koekies.  Vir oulaas nog die koelerige winteraande uittrek.

OUMA GROOT SE MOSBESKUIT of POTBROOD

15 koppie bruismeel

3 koppies suiker

250g stork margarine vir bak

 

Meng in ‘n glasbak, 1 eetl sout, 2 eetl suiker en 2 pakkies kitsgis (7g).

Laat staan vir plus minus 1 uur totdat die gismengsel ‘n bol vorm. 

Vryf solank die sagte botter met jou hand in die meel, tot dit fyn is.

Gooi die gismengsel by.  Gooi nog so plus minus drie koppies louwarm water by tot die deeg ‘n skoon kniebare deeg is. 

Maak met deksel of kleefplastiek toe en los op warm plek om te rys.  As dubbeld die grootte gerys het, knie weer af en sit in bv. Caserol.  In my geval was dit 2 caserols.  Knie weer en los weer op warm plek tot weer lekker hoog gerys.  

Voorverhit oond tot 180.  Sit caserol in oond en bak so plus minus 1 uur tot gaar en ligbruin bo.  TOETS MET OONDPEN IN DIE MIDDEL OF GAAR IS.  Maak DOODSEKER dis gaar in die middel.  Laat goed afkoel.  Sny in rye en blokkies.  Droog in lou-oond op 60 oornag met deur effens oop.

DIT MAAK TWEE CASEROLS VOL BESKUIT, EN GEBRUIK MIN BOTTER.  DIE PERFEKTE DING OM TE DOEN OP ‘n SATERDAG.  Glad nie sleg nie. As potbrood wil maak, gebruik net 1 koppie suiker en 2 eetl. sout.  Halveer botter en gis dan.