Lemoenkoekies

1/2 k botter

3/4 k suiker

1 eier

1 tl gerasperde lemoenskil

1 tl lemoensap

1 1/2 k meel

1 tl bakpoeier

1/4 tl sout

 

Klop die botter en suiker saam tot romerig.

Voeg eier by.

Voeg lemoensap en skil by.

Voeg droë bestanddele by.

Bestrooi tafel.  Sit kleefplastiek bo-oor deeg.  Rol dunnerig uit.  Druk af en bak in voorverhitte oond by 180 vir ongeveer 10 min of tot ligbruin.

 

 

 

 

Advertisements