OUMA SE KOFFIEKOEKIES

500g botter

2 k suiker

3 t koeksoda

500g stroop

1 tl vanilje

1/2 k baie sterk koffiepoeier, aangemaak met water of 3 Eetl koffie essence

10 k koekmeel

 

Oond op 180 grade

 

Meng 500g botter en 2k suiker en voeg stroop en vanilje by.

Meng koeksoda en aangemaakte koffiepoeier.

Meng bottermengsel en koeksodamengsel.

Sif meel bo-oor.

Meng met houtlepel, dan hande.

 

Druk deur meuletjie of rol uit en druk reghoekige vormpies uit.

Bak op bakpapier-pannetjie en  laat afkoel sodra ligbruin.    Ongeveer 15-20 min.

 

Vulsel

 

1/2 pak versiersuiker

2 eetl botter

knypie sout

1 tl vanilje

2 eetl baie sterk koffiepoeier (aangemaak met bietjie water) bv. 2 tl koffiepoeier by 1/2 k kookwater.

Meng bogenoemde saam, smeer aan en gebruik as vulsel tussen koekies.

 

 

 

 

Advertisements